By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Q4 Fuel

Q4 Fuel is in 2005 gestig met sy hoofdoel: die bemarking, verkoop en verspreiding van topklas petroleumprodukte.

Q4 hou ’n oog oor 'n totaal van 55 miljoen liter brandstof wat maandeliks versprei word. Hulle is trots op hulself as 'n gevestigde verspreidingsmaatskappy met 106 trokke.

Die Q4 hoofkantoor is in die ooste van Pretoria geleë en hulle voltydse bemarkers dek Suid-Afrika van Thohoyandou in die Noorde, na Kaapstad in die Suide - en van Hope Town en Wolmaransstad in die Weste na Durban, Richardsbaai, Komatipoort en Nelspruit in die ooste.

Hulle prysbeleid is mededingend en word ondersteun deur kwaliteit produkte, hoë kliëntediens-standaarde, streng besigheidsetiek en onwrikbare integriteit.

Die Q4- besigheidsfilosofie is gebaseer op dienslewering, kliënte- en bemarkings-verhoudings, die ‘beste in sy klas’ voorsieningslogistiek, ondersteun deur  'n deursigtige, professionele benadering.
Kontaknommer:012 361 5151
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site