By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SA Zero Waste

SA Zero Waste is ‘n vervoer-maatskappy met hoofkantoor op Delmas, Mpumalanga. Hulle verrig vervoerwerk landwyd met ‘n uitgebreide vragmotorvloot, en fokus op uitstekende diens met vragmotors van vier tot 30 ton.

Kliënte word deurentyd ingelig oor waar die vragmotors is, en wanneer hulle by afleweringspunte kom. SA Zero Waste doen behoorlike roetebeplanning wat tyd bespaar en op die ou einde kostes bespaar.

‘n Kamerastelsel in elke voertuig verseker direkte toegang tot die drywer, vrag en pad vanaf  ‘n 24-uur beheerkamer wat die veiligheid van vragmotors, drywers en vrag kontroleer. 

Die span se passie vir vragmotors en masjinerie is hul dryfkrag. Hulle is trots op die vloot en hul prioriteit is beste diens en besondere toewyding aan kliëntetevredenheid.

SA Zero Waste is beslis nie net nòg ‘n vervoer maatskappy nie maar DIE vervoer maatskappy  om te gebruik. 

SA Zero Waste lewer verskeie dienste en belangstellendes kan hulle gerus kontak vir meer inligting oor vragmotors, laaigrawe en ander geel masjiene.
Kontaknommer:013 665 3932

SA Zero Waste Spill Response

SA Zero Waste Spill Response op Delmas, Mpumalanga, verrig opruimwerk by ongelukstonele van vragmotors landwyd. 

‘n Vragmotoreienaar se grootste nagmerrie is wanneer ‘n voertuig in ‘n ongeluk betrokke was en die vrag oorgelaai of opgetel moet word.

S A Zero Waste Spill Response is ten volle toegerus om enige vrag te behartig – olie en diesel ingesluit -  en te verseker dat die toneel skoon agtergelaat word deur middel van hulle eie vloot vragmotors, spesialis opruimingsmasjinerie en ervare span tegnici. 

Vragverliesskade word sover moontlik beperk, en opruiming vind vinnig plaas ter wille van ander padgebruikers. Hulle kan aan kliënte ‘n stawingsertifikaat van opruiming uitreik.

S A Zero Waste Spill Response is op die meeste versekeringsmaatskappye se panele wat beteken dat hul dienste gewoonlik deur voertuigdekking of vragversekering gedek word.

S A Zero Waste Spill Response is beskikbaar 24 uur op noodnommer 072 154 7000.

Kontaknommer:072 154 7000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site