By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

SA Zero Waste Spill Response

SA Zero Waste Spill Response op Delmas, Mpumalanga, verrig opruimwerk by ongelukstonele van vragmotors landwyd. 

‘n Vragmotoreienaar se grootste nagmerrie is wanneer ‘n voertuig in ‘n ongeluk betrokke was en die vrag oorgelaai of opgetel moet word.

S A Zero Waste Spill Response is ten volle toegerus om enige vrag te behartig – olie en diesel ingesluit -  en te verseker dat die toneel skoon agtergelaat word deur middel van hulle eie vloot vragmotors, spesialis opruimingsmasjinerie en ervare span tegnici. 

Vragverliesskade word sover moontlik beperk, en opruiming vind vinnig plaas ter wille van ander padgebruikers. Hulle kan aan kliënte ‘n stawingsertifikaat van opruiming uitreik.

S A Zero Waste Spill Response is op die meeste versekeringsmaatskappye se panele wat beteken dat hul dienste gewoonlik deur voertuigdekking of vragversekering gedek word.

S A Zero Waste Spill Response is beskikbaar 24 uur op noodnommer 072 154 7000.

Kontaknommer:072 154 7000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site