By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sarens SA

Sarens is ‘n Vlaamse familiemaatskappy wat sedert die 1930’s gegroei het tot ‘n wêreldmaatskappy met 100 takke in 60 lande, ‘n omset van meer as 420 miljoen Euro per jaar en meer as 3000 werknemers. Sarens SA het in 1990 as tegniese vennoot begin en in 2007 op sy eie bene begin staan.

Sarens is die erkende wêreldleier as dit kom by swaarwerke- en ontwikkelde projek-vervoer. Met moderne toerusting en top gehalte ingenieurswese, kry hulle kliënte kreatiewe en intelligente oplossings vir vandag se uitdagings. 

Sarens dienslewering is gebaseer op die vinnigste, veiligste en slimste manier om die taak te vervul teen waarde vir geld. Hulle aanbod begin met ‘n “geen verrassing” konsep waarop die kliënt, met versekering, sy projekbegroting kan baseer. 

Sarens – 4 geslagte se ervaring in swaarwerk.
Kontaknommer:011 861 3800
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site