By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Secunda Toyota

Secunda Toyota en Hino Secunda word die afgelope 25 jaar besit deur die Kruger gesin. Die leisels word nou oorgeneem deur die tweede geslag, Jean-Pierre en Michelle.

Die bekwame bestuurspan en personeel is gefokus daarop om uitmuntende diens aan al hulle kliënte te lewer. Hulle sal jou behulpsaam wees met die aankope of diens van ʼn Toyota of Hino voertuig, sowel as die lewering van onderdele. Hulle Automark koop en verkoop gebruikte motors van enige vervaardiger.

Doelgemaakte mynbou nie-vlambare voertuie word in assosiasie met ‘HD Supplies’, ‘n vlak 2 BEE maatskappy, aan die voorste mynbouhuise in Suid-Afrika gelewer.

Secunda Toyota en Hino Secunda bly bo alles steeds ‘n familiebesigheid met hoë betrokkenheid in die gemeenskap en etiese waardes. Hulle glo in hulle leuse van “Ons doen dit met passie”.
Kontaknommer:017 631 6000
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site