By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Silo Auto Body

In Ermelo se Industriële gebied is Silo Auto Body – ‘n paneelklopper soos min – geakkrediteer deur vele motorfabrikante en gerugsteun deur die TWK groep.

Hulle doen herstelwerk aan voertuie met professionele aandag en presisie. Geen taak is te groot of te klein nie. Hulle herstel bakwerk, doen spuitverf, herstel onderstelle, haelskade en ook kleiner skrapies.

Silo is gesteld op net die beste kwaliteit werk, vakmanskap en afronding. Die kliënte kom altyd eerste.

Silo Auto Body groei saam met die mark en die daaglikse tegnologie. Hulle probeer aan alle kliënte en versekerings-maatskappye se vereistes voldoen deur ‘n waarborg te gee op die arbeid en verfwerk, gelykstaande aan die fabriekswaarborg.

Silo Auto Body – flink, vriendelike diens – uit die boonste rakke!
Kontaknommer:017 811 4667
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site