By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Stenhard Ingenieurswerke

Stenhard Ingenieurswerke in Heilbron is al in 1972 gestig. Hulle is by merSETA geregistreer vir interne opleiding van vakleerlinge en hulle BEE status is Vlak 4.

Stenhard konsentreer op die herbou van petrol- en diesel-binnebrandenjins. Verder herstel hulle vakuumpompe vir die melkbedryf, doen freesmasjien-werk en algemene draaiwerk.

By Stenhard word daai ekstra myl geloop om kliënte by te staan. Stenhard voel hulle lewer die beste kwaliteit diens wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Persoonlike intensiewe aandag word aan elke kliënt gelewer.

Stenhard Ingenieurswerke – hulle nuutste deurbraak is die plaaslike herstel van Landrover Discovery 2, 3, en 4 voertuie, wat toegerus is met 2.5TDS en 2.7TD V6 enjins.
Adres:Heilbron
Kontaknommer:058 852 1850/1
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site