By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Supa Quick Klerksdorp

Supa Quick Klerksdorp het in 2010 begin as ‘Wheel Alignment N12’. In November 2015 is besluit om die produk en dienslewering uit te brei en deel van die bekende Supa Quick konsessiegroep te word. Hulle bied topklas diens aan elke klant en is gerieflik geleë en sigbaar soos jy met die N12 inry.

Gerugsteun deur die nuutste tegnologie in die bedryf, verkoop hulle sierwiele, bande, batterye, trekstange en vervang skokbrekers, remme, uitlaatstelsels en suspensie-onderdele. Hulle kennis, advies en diens is gebasseer op jarelange ervaring.

Met ‘n topklas werkswinkel wat tot 12 voertuie kan akkomodeer, bied hulle ‘n omvattende wielsporing- en suspensiediens wat ander mededingers nie verskaf nie.

Supa Quick Klerksdorp – puik professionele diens met topklas produkte om jou rit veilig te hou.
Kontaknommer:018 468 4099
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site