By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Trec

Trec voorsien al sedert 2009 transport nooddienskaarte. Vervoer Noodkaarte is 'n noodsaaklike veiligheid- en wetlike vereiste vir maatskappye wat produkte soos verf, petrol, diesel, kunsmis en enige ander gevaarlike goedere vervoer..

Trec voorsien vervoer-noodkaarte ooreenkomstig met SANS 10232 deel 4 sowel as HazChem plakkate volgens die jongste wetlike standaarde. Trec dien op die tegniese komitees by die SABS en was direk betrokke by die skryf van 'n nuwe standaard wat binnekort vir publikasie beskikbaar sal wees. 

Wanneer die nuwe standaard gepubliseer word, moet alle maatskappye hul Trec-kaarte opdateer na die nuutste formaat. Trec is gereed vir die nuwe standaard en sal maatskappye met nakoming bystaan.

Nie net is dit 'n oortreding van die wet nie, maar ook 'n groot gevaar vir mede-padgebruikers, wanneer chemiese en vervoermaatskappye nie aan hierdie regulasies voldoen nie.

Trec kan enige maatskappy (groot of klein) help met die korrekte produkte en inligting om aan die wet te voldoen. Goeie diens, gehalte produkte en natuurlik akkurate inligting is die Trec waarborg.
Kontaknommer:011 435 0010
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site