By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tri-Torq Ferobrake

Die geskiedenis van Tri-Torq Ferobrake gaan terug na 1949 en die jare toe “Clutch and Brake Supplies” die motornywerheid in Suid Afrika gedomineer het.  Vandag is Tri-Torq Ferobrake steeds ‘n voorstander in die bedryf en met meer as 60 jaar ondervinding, lewer hulle takke in Epping, Helderberg en Brackenfell dienste aan kliënte in Kaapstad, Die Weskus en Boland areas. 

Die maatskappy is deel van ‘n nasionale netwerk van ongeveer 25 Ferobrake’s in Suid Afrika, en is een van die gemagdigde verspreiders van Ferodo Kommersiële Voertuig Remvoerings in die land. 
Tri-Torq Ferobrake het ‘n volle toegeruste Swaar- en Ligte-Voertuig Werkswinkel, sowel as ‘n rem- en koppelaar herbou-afdeling, hidroliese fasiliteit, dryf-as herbou-afdeling en ‘n oor-die-toonbank verkoopsdepartement. 

Die menigte langtermyn-verhoudings wat Tri-Torq Ferobrake met sy kliënte het, wys dat hierdie eienaar-bestuurde maatskappy, met oor die 80 werkers, trots is op hulle leuse van kwaliteit produkte, puik diens en integriteit. 
Kontaknommer:021 531 0870
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site