By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wildog Accessories

Wildog Accessories het in 2014 begin toe Renier Rossouw besluit het om sy eie 4x4 toerusting te begin maak. Van daar het mense navraag begin doen oor dié unieke produkte en met die hulp van sy 2 vennote Casper Badenhorst en Paul van Niekerk is die maatskappy is gebore.  

In `n wêreld van geoutomatiseerde stelsels glo hulle nog dat kliënte `n persoonlike diens verkies. By Wildog Accessories ken hulle elkeen op sy naam. Hulle verkoop nie net produkte nie, maar verhoudings met kliënte en sorg dat hulle behoeftes nagekom word

Wildog vervaardig 4X4 toerusting vir die kliënte en voertuie van Afrika. Hulle produkreeks sluit in 4x4 buffers, voertuigbeskermers, bykomstige toerusting, en nog vele meer.

Alles is Top kwaliteit produkte van internasionale standaard teen baie kompeterende pryse. Wildog produkte word deur ‘n “E-Coating” en “Powder Coating” prosesse behandel om dit roesbestand te maak. Meer funksies word hier as standaard gebied, waar dit by ander verskaffers as ekstras gesien word.

Wildog Accessories – Making New Tracks!
Kontaknommer:082 464 3724
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site