By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Wykco Logistics

Wykco Logistics in die Paarl is ‘n nasionale grootmaat vervoermaatskappy wat kliëntetevredenheid voorop stel. Wykco Logistics bied ‘n omvattende diens aan hulle kliënte wat vervoer-, weegbrug- en warehousing-fasiliteite insluit. 

Wykco Logistics, lid van die Wykco Groep, is in 1994 gestig met vier trokke, het uit die staanspoor van krag tot krag gegaan en is vandag dertig trokke sterk met hulle eie depot in die Paarl.

Vandag voorsien  Wykco Logistics ‘n uitgebreide reeks vervoer-oplossings aan hulle kliënte in ‘n verskeidenheid sektore. Wykco Logistics streef daarna om alles die eerste keer reg te doen. 

Stiptelikheid en betroubaarheid is Wykco Logistics se leuse, en die maatskappy is buigsaam ten einde hulle kliënte tegemoet te kom en by hulle behoeftes aan te pas. 

Al die trokke van Wykco Logistics is toegerus met vragbeskermingstoerusting wat hulle in staat stel om papierrolle en palette te vervoer. Wykco Logistics se voertuie word instand gehou deur die vervaardigers en die waens word by die Wykco depot in stand gehou om te verseker dat daar nie vertragings by kliënte se vragte plaasvind nie. 

Wykco se belegging in ‘n gevorderde voertuigvloot, onderskraag deur deeglike instandhouding, tesame met al die vereisde toerusting en uitleg, verseker dat die maatskappy ten alle tye akkurate, betroubare en doeltreffende oplossings aan sy kliënte kan bied. 

Wykco Logistics maak gebruik van die jongste, mees gevorderde opsporing- en kommunikasietegnologie, gerugsteun deur ‘n span opgeleide en ervare logistiek-spesialiste. 

Die lede van die Wykco-span is deurentyd met mekaar in verbinding – beide vertikaal en horisontaal – met die belange van die kliënte as dryfveer. Deur middel van pro-aktiewe kommunikasie en opvolgprotokols, voorsien Wykco Logistics volkome gemoedsrus aan al hulle kliënte. 
Kontaknommer:021 987 7437
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site