By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Abbotts College

Abbotts College Hoërskool  met kampusse in Claremont, Johannesburg-Suid, Northcliff, Centurion en Pretoria-Oos, is ‘n nie-tradisionele skool met ‘n unieke benadering tot onderwys, van graad 8 tot graad 12.

Abbotts College streef na die skep van ‘n opvoedkundige omgewing waarin alle studente aangemoedig word om hulle individuele potensiaal te ontgin en hulle drome te verwesenlik.

By Abbotts is daar geen klokke, uniforms of sport nie – studente leer om hul tyd verantwoordelik te bestuur en hulself vryelik uit te druk – ook in hul keuse van kleredrag. 

Die onderrig is akademies-gerig, maar studente word aangemoedig om aan klubsport deel te neem.

By Abbotts College vorm huiswerk ‘n deel van elke weeksdag-roetine, en leerders kan teruggaan na hulle vak-onderwysers vir een-tot-een hulp. Verder kan elke student die onderwyser telefonies kontak wanneer hy of sy na-ure hulp nodig het daarmee.

Boonop bied Abbotts `n wye verskeidenheid vakke om van te kies volgens hulle vermoëns en wat met hulle belangstelling ooreenstem.

Abbotts Kollege se stelsel van sewe rapporte per jaar skakel ‘n skok aan die einde van die kwartaal uit. Leer-uitdagings word uitgelig sodat ondersteuning gebied kan word. Dit verseker deurlopende evaluering en terugvoer oor `n student se vordering.

Abbotts se suksesresep word deur die 
bewese rekord van sy studente bevestig – puik akademiese prestasie wat met kosbare lewensvaardighede gepaard gaan, wat elke student toerus vir die uitdagings wat die lewe bied.
    
Abbotts Kollege bied ook voltydse en deeltydse klasse aan studente wat reeds matriek geskryf het, om hulle matriek-uitslae te verbeter. By Abbotts College gee ons nie net matriek nie, maar `n toekoms vir ons leerders en koester elke leerder se individuele prestasie en sukses.
Kontaknommer:Pretoria: 012 809 1208 & Centurion: 012 003 1389
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site