By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Belgium Campus

Belgium Campus In Heatherdale, Pretoria, is in 1999 gestig deur twee Belgiese entrepreneurs wat die behoefte raakgesien het vir hoë gehalte tersiêre onderrig wat gegradueerdes lewer met kwalifikasies wat lei tot bevredigende en belonende beroepe.

In Suid-Afrika vind ons die paradoksale toestand van duisende ongevulde posisies by maatskappye, tesame met ‘n baie hoë werkloosheidsyfer, selfs onder gegradueerdes.  Hierdie situasie ontstaan omdat hierdie gegradueerdes se opleiding hulle nie toerus met die kennis en vaardighede wat die bedryf vereis nie.  Belgium Campus se doel is om hierdie tekort aan te spreek met programme wat die benodigdhede van die industrie integreer met akademiese inhoud, en daardeur gegradueerdes lewer wat dadelik die werkomgewing kan betree. 

As ‘n private hoëronderwys-instelling bied Belgium Campus geregistreerde en geakkredtiteerde hoëronderwys-diplomas en grade wat fokus op Inligting- en Kommunikasietegnologie. En al Belgium Campus se kwalifikasies word internationaal erken. 

Lektore By Belgium Campus, moet nie net puik wees in hul vakgebied nie, maar ontvang ook voortdurend onderwysopleiding om uitstekend te kan klasgee en kennis oordra. Klasgroottes van 24 studente laat individuele aandag toe, sodat elke student se potensiaal ten volle ontwikkel word.  

Die studente ondersteuningsdienste, beskik oor opvoedkundige sielkundiges wat spesialiseer in studente ondersteuning. Hulle dra sorg dat enige probleem wat ‘n student weerhou van optimale studie, aandag kry en opgelos word.  Belgium Campus se deurvoer- en slaagsyfers getuig van hul doeltreffende onderwysmodel.

Programme verskaf die breë sowel as diepgaande kennis wat nodig is, maar terselfdertyd doen studente deurgaans praktiese ervaring op om dit te gebruik en toe te pas.  Kommunikasie-, projekbestuur- en professionele vaardighede word aangeleer dwarsdeur die kurrikulum.  ‘n Finale jaar van internskap verseker dat die studente gereed is om die werkplek te betree wanneer hulle gradueer.

Belgium Campus-kwalifikasies word hoog geag in die industrie en hulle gegradueerdes ontvang veelvuldige werksaanbiedinge. Belgium Campus gebruik ‘n deelnemende ontwikkelingsmodel vir onderwys.  Behoeftes van studente, die akademie, die bedryf en die gemeenskap word in ag geneem tydens die ontwerp en lewering van hulle programme.

Belgium Campus - ‘n “goedbewaarde geheim” wat nou ontbloot word.
Adres:Pretoria, Gauteng
Kontaknommer:012 542 3114
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site