By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

CEFA

Continuing Education for Africa (CEFA) is ʼn geakkrediteerde nie-winsgewende opleidingsinstansie wat landwyd opleiding in onder andere, Maatskaplike Hulpwerk, Gemeenskapsontwikkeling en Kinder- en Jeugsorg aanbied.

CEFA neem opleiding na gemeenskappe en spog met meer as 60 opleidingspunte regoor die land. So het leerders geen addisionele reis- en verblyfkoste nie en word nie uit die arbeidsmark onttrek nie. 

CEFA bied aan ondernemings ’n geleentheid om hulle sosiale verantwoordelikheid na te kom deur groepe of individue te borg wat by CEFA opgelei word om in hulle gemeenskappe ’n verskil te maak.  

Onder leiding van Dr. Karien Lubbe bied  CEFA hoë kwaliteit opleiding en is hulle bekend vir die impak wat hul leerders in gemeenskappe het. 

Deur jou sosiale verantwoordelikheids-begroting te spandeer op CEFA-opleiding, maak jy ʼn verskil in ons land, kry jy volle belastingvoordeel en weet jy jou geld word aangewend vir die doel waarvoor jy dit gee. 
Kontaknommer:021 87 33 998
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site