By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Christelike Lektuurfonds

Die Christelike Lektuurfonds of CLF in Wellington se missie is die ontwikkeling en verspreiding van Christelike leesstof. Van boeke oor geloofsgroei tot geloofsvorming word bekostigbaar in baie tale gepubliseer. Die kleurvolle pamflette behandel ‘n wye reeks onderwerpe en veral sosiale kwessies soos gesinsgeweld, molestering en dwelmafhanklikheid.  

CLF moedig kinders aan om in hul eie taal te lees. Hul vlagskipprojek vir kinders is “1 Miljoen Bybels vir 1 miljoen kinders”. Sedert Augustus 2010 is meer as 86 000 Bybels in 7 tale versprei. 
 
CLF glo dat dit belangrik is om nie net aan kinders die inhoud van die Bybel te leer nie, maar hulle te help om dit in hul lewens toe te pas. CLF se kinderboeke rus kinders met Bybelse waardes toe om hul geloof prakties uit te leef, en om hulle as leiers van môre voor te berei. 
 
Oor 60 jaar al verander CLF publikasies lewens en ondersteun dit geloofsgroei. 

'n Katalogus van beskikbare titels is op CLF se webwerf beskikbaar. 
Kontaknommer:021 873 6964
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site