By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Curro Langebaan

Curro Langebaan Onafhanklike Skool bied ‘n uitstekende akademiese-, sport- en kultuur- kurrikulum in die veilige en vriendelike omgewing van die Weskus. Die voordeel wat Curro-skole bo ander onafhanklike skole het, is gefokusde kurrikulum-ondersteuning deur ‘n navorsing- en ontwikkelingsafdeling. Daardeur verryk Curro die bestaande CAPS kurrikulum wat leerders voorberei vir die IEB van graad 10 tot 12. Klem word op Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie gelê. Rekenaarprogrammering word reeds vanaf Graad 1 aangebied in die vorm van Robotics.

Persoonlike aandag en ondersteuning word verseker deur ‘n lae leerder-tot-opvoeder verhouding, en die onderrigproses baat by die gebruik van tablette en ander moderne tegnologie.  Met sy hoë standaarde berei Curro leerders deeglik voor vir tersiêre studies. Die voorskool, bekend as Curro Castle Langebaan, volg ‘n uniek ontwikkelde kurrikulum wat deur die opvoedkundige HAGS- speelterrein aangevul word. 

‘n Moderne kombuis op die perseel voorsien die nasorgkinders van Curro Castle daagliks van gebalanseerde maaltye, en is ook tydens skoolvakansies beskikbaar.  Die nuutste toegangsbeheer- en moniteringstegnologie beveilig Castle se prinsies en prinsessies. ‘n Geregistreerde verpleegkundige sien daagliks om na hulle gesondheid. 

Curro Langebaan spog met ‘n multifunksionele sentrum vir binne- en buitemuurse sport, en ‘n binnenshuise verhitte swembad waar die Curro Castle Leerders waterveiligheidsvaardighede geleer word. 

Puik Eisteddfod prestasie weerspieël die klem op kultuur-aktiwiteite, en dramaproduksies rus leerders toe vir Hollywood se rooi tapyt.  Curro Langebaan huisves ook die Weskus Musiek Akademie wat groot welslae behaal. 
Moderne koshuisgeriewe akkommodeer leerders van sover as Namibië en Upington en ‘n veilige busdiens bedien leerders van die omliggende dorpe. 

Curro Langebaan, wat aanstaande jaar sy tiende verjaarsdag vier, se unieke karakter vryf af op sy leerders in die vorm van waardes en die uitleef van tradisies. 

“We live the Langies Legacy” is ‘n leefwyse van elke leerder, personeellid en ouer. 

Kontaknommer:022 772 0116
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site