By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Curro Mount Richmore

Curro Mount Richmore het in Januarie 2014 begin en bied tans parrallelmedium onderrig aan leerders van 3 jaar oud tot graad 10. Hulle sal dus in 2018 hulle eerste matrikulante hê wat die IEB matriekeksamen skryf.

Curro beteken “hardloop” in latyn en dui op die Curro filosofie dat leerders teen hulle eie pas moet leer volgens hulle eie vaardighede, talente en ingesteldheid.

Curro Mount Richmore se verrykte kurrikulum laat hulle uitstaan. Dit is onderrig vir die 21ste eeu en ‘n leermetodologie met ‘n aktiewe interaksie met tegnologie. 

Veerkragtigheid en vindingrykheid word bevorder en hulle fokus veral op Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde, gekombineer met Entrepeneurskap, sodat vakkennis en besigheidskennis verbind word.

Curro Mount Richmore – vanaf 2017 ook met die Curro Castle voorskoolse sentrum by.
Kontaknommer:087 285 1671
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site