By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

De Goede Hoop

De Goede Hoop bied meer as net ’n studentetuiste. Dit is ’n lewende monument vir Afrikaans en studentwees. 

Hier het hulle besluit om voort te bou op die kultuur van vooruitgang, prestasie en leierskap, wat ons voorgeslagte al dekades invloedryk en suksesvol maak.

Hiér kry energie en impak ’n nuwe betekenis in jongmens-lewens en word môre se leiers vandag gevorm. Om in Afrikaans saam met medegelowiges te eet, te studeer en te kuier. 

Die eerste Afrikaanse De Goede Hoop koshuise sal Januarie 2017 vol studente wees. De Goede Hoop Manskoshuis en De Goede Hoop Dameskoshuis se aansoeke vir 2017 inwoners is nou oop.

Veiligheid, deelname, akademie en baie studentepret is saam met Christen waardes hoog op De Goede Hoop se prioriteitslys. So waar bly jy as jy nie by jou MA bly nie? Die antwoord is verseker De Goede Hoop Koshuis in Pretoria - bespreek nou jou plek.
Kontaknommer:012 644 4358
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site