By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoërskool Upington

Hoërskool Upington het in 1896 begin as "Upington Public School". 'n Paar klaskamers is vir 102 leerlinge ingerig in die ou kerkgebou van die NG Kerk.

Die eerste koshuis is in April 1914 geopen, maar het eers tydelik diens gedoen as ‘n hospitaal gedurende die Eerste Wêreldoorlog voordat die huidige koshuis vir seuns in 1945 voltooi is. Die meisiekoshuis het kort daarna gevolg.

Gedurende die laaste twee jaar is daar heelwat gemoderniseer en onlangs is ‘n toerisme-sentrum op die terrein ingerig. Drie rugbyvelde en ‘n Astro-hokkieveld is aangebring en die skool se algemende voorkoms het sommer baie aandag geniet, want nuwe tuine is ook aangelê. 

Hoërskool Upington se Gerhard Beukes Biblioteek is in ‘n volledige kultuursentrum omskep. ‘n Klubhuis met sy eie kosbare rugbymemento’s is aangebou en die skool is ook onlangs aangewys as een van die Top Wiskunde skole in die Noord-Kaap

Hoërskool Upington kan met trots verklaar dat hulle die kernwaardes van integriteit, verantwoordbaarheid, respek, selfdissipline, ʼn positiewe ingesteldheid en ‘n Christelike lewensbeskouing uitleef. 

Hoërskool Upington is ʼn skool wat nie net kennis oordra nie, maar ook bou aan die karakter van hulle leerders.

Met sulke hoë standaarde van akademie, sport en kultuur, staan Hoërskool Upington trots agter hulle leuse van - ‘n Goeie boom dra goeie vrugte. 
Kontaknommer:054 332 1491
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site