By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoërskool Wolmaransstad

Hoërskool Wolmaransstad het in 1981 begin na ’n samesmelting van die destydse Hoërskool Wolmaransstad en die tegniese hoërskool. 

Vandag is dit ’n gesogte skool met waardegedrewe kwaliteit opvoeding in ’n veilige plattelandse omgewing.

Die skool beskik oor ‘n wye vakkeuse – met ’n volle tegniese en algemene kurrikulum. Hulle roem daarop dat hulle een van die plattelandse skole is met die wydste vakkeuses en beste fasiliteite. Die skool se puik akademiese resultate word toegeskryf aan toegewyde onderwysers en die gesonde verhouding van leerders tot onderwysers in die klaskamer. Hier kan jy verwag om in ’n klas van 11 leerders te wees in ’n moeilike vak soos rekeningkunde. Individuele aandag is die norm.

Al is die klem vandag op akademie, bly Wollies gebalanseerd en leerders kry puik geleenthede op sport- en kultuurgebied en hulle lewer jaarliks verskeie provinsiale wenners op. 

En daar is ook tyd vir sosiale aktiwiteite...

Die puik koshuise maak dat almal deel wil wees van die warm Wollies-hartklop.

Hoërskool Wolmaransstad – klein genoeg om werklik om te gee, maar groot genoeg om kompeterend te wees op alle terrreine.
Kontaknommer:018 596 1113
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site