By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

IDEA

Die INSTITUTE FOR DISTANCE EDUCATION ASSESSMENT, ook bekend as IDEA, in Waterkloofrif, Pretoria, bied die KABV-kurrikulum aan tuisstudente van Graad 4 tot Graad 12 en aan volwassenes van 21 jaar en ouer bied IDEA die geleentheid om ‘n matrieksertifikaat te verwerf deur middel van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.

Vir tuisstudente voorsien IDEA die handboeke en formele assesseringstake op ‘n tablet, assesseer studente se werk en reik rapporte uit.

Hulle ondersteun ouers in die tuisskool-taak, en bied ‘n uitkoms as ‘n kind nie skool kan bywoon nie. IDEA beskik oor die vermoëns om ouers en kinders by te staan.

IDEA verskaf alles wat nodig is aan volwassenes om die matrieksertifikaat te verwerf:  boeke, metodes, hulp, en IDEA registreer self al hulle studente vir die eksamens. 

IDEA lewer ‘n bekostigbare produk van topgehalte wat wettig is vir tuisskolers, en staan bekend vir vriendelike, persoonlike diens.
Kontaknommer:076 018 0529
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site