By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Insig Opleiding

Insig Opleiding op die plaas Eerste Geluk by Naboomspruit bied basiese, gevorderde- en gespesialiseerde vaardigheidskursusse van ses weke aan. Insig se unieke opleidingsmodel rus studente spesifiek en prakties toe om in die behoeftes van die industrie te voorsien.

Kursusse in Sweiswerk, Keltelmakery, Pas-en-draaiwerk, Elektrisiënswerk en Lugversorging-en-Verkoeling asook Haarkappery-en-Skoonheid word aangebied.

Tydens die kursusse word studente in die koshuis gehuisves en word intensiewe praktiese opleiding verskaf.

Studente kan ook vrywillig deelneem aan die lewensoriënteringsprogram en het toegang tot die wildplaas en kan, na werksure, aan verskeie aktiwiteite deelneem.
Kontaknommer:082 374 0476
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site