By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Institute of Culinary Arts (ICA)

Institute of Culinary Arts of ICA naby Stellenbosch, voorsien intensiewe, teoretiese en praktiese sjefsopleiding wat veel meer as tradisionele opleiding behels.  

Benewens wêreldklas professionele sjefsopleiding, bied die skool drie addisionele loopbaangerigte spesialiseringsvelde in die kosbedryf aan, te wete produkontwikkeling, media kommunikasie en geleentheidsbestuur.  

Die Instituut handhaaf ‘n unieke, holistiese opleidingsfilosofie deur middel van intensiewe, gefokusde praktiese klasse met ‘n gemiddelde dosent-tot-student verhouding van een tot ses.  

ICA se wetenskaplik gefundeerde, professionele sjefsopleiding is op klassieke Franse kookbeginsels gegrond. 

Sedert sy ontstaan handhaaf ICA ‘n 100% slaagsyfer in Internasionale eksamens en is daarvoor beloon deur die toekenning vir uitnemendheid as die beste internasionale City & Guilds opleidingsinstansie in Afrika en een van die drie beste sjefskole ter wêreld. 
Kontaknommer:021 885 1414
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site