By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

KeTala Chefs Academy

KeTala Chefs Academy by Grootfontein Country Estate in Pretoria-Oos voorsien professionele chef-opleiding van gehalte. KeTala is ‘n geakkrediteerde sentrum van City & Guilds Instituut in Londen, en ‘n kulinêre opleidingsinstansie met ‘n holistiese uitkyk. 

KeTala se 5-ster opleiding berei studente voor vir internasionele kwalifikasies soos verskeie sertifikate en diplomas in voedselvoorbereiding, kulinêre kunste, en patisserie.

In ‘n rustige landelike omgewing lê KeTala klem op praktiese opleiding en die gebruik van kruie wat in hul eie tuin gekweek word. Klein klasse maak persoonlike aandag moontlik.

Studente-akkommodasie is op die terrein beskikbaar en daar is geriewe soos ontspanningsareas, draadlose Internet en ‘n biblioteek oor die kookkuns.
Adres:Pretoria, Gauteng
Kontaknommer:012 811 1080
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site