By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mathcard

Mathcard bied topklas Wiskunde Selfhelpgidse wat  deur ‘n  kundige onderwyseres, met  jare se ondervinding in Wiskunde-onderrig en eksaminering geskryf is.

Die graad 10, 11 en 12 Mathcard selfhelpgidse is tweetalige handleidings wat as nuttige hulpmiddel, vir  leerders, onderwysers, skole en tutors, kan dien. Klem val op leerdervriendelikheid en stap-vir-stap verduidelikings. Die volledige kurrikulum word gedek soos voorgeskryf in die CAPS dokument. Daar is ‘n afsonderlike Selfhelpgids vir  grade, 10, 11 en 12 beskikbaar. 

Die voorgeskrewe modules van Vraestel 1 en 2   word afsonderlik behandel en bestaan uit volledige notas, voorbeelde, tutoriale en vraestelle met volledige memo’s. Voorsiening word vir alle vlakke van assessering gemaak. Leerders wat  volledig deur die betrokke modules  voor ‘n toets of eksamen werk, sal 100% voorbereid wees. 

Die Mathcard  Selfhelpgidse is eksklusief en nie op winkelrakke beskikbaar nie. Dit is teen R140 elk, posgeld- en afleweringskoste uitgesluit, te koop. Groter bestellings kwalifiseer vir korting. Kontak hulle nou om die lekkerte van baie beter en goeie punte te geniet. 
Kontaknommer:082 854 3611
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site