By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Milites Dei Akademie

Milites Dei Akademie by Witrivier is ‘n militêre-styl geakkrediteerde opleidings-instansie wat verantwoordelikheid, leierskap, fiksheid, etiese waardes en respek vir tradisie by sy studente kweek. 
 
Die kursusse by Milites Dei Akademie het ‘n magdom voordele en rus die student toe met waardevolle lewensvaardighede. Die kursusse is geskik as ‘n oorbruggingsjaar of as blote avontuur, maar voorsien deeglike opleiding in die sekuriteitsbedryf. In die meeste gevalle word studente reeds deur werknemers gewerf nog voordat die kursus voltooi is.

Vir persone sonder matriek bied die Akademie die PSIRA- en SASSETA-kwalifikasies aan – die Nasionale Sertifikaat in Algemene Sekuriteitspraktyke en die Verdere Onderwys- en Opleidingsertifikaat in Spesialis Sekuriteitspraktyke wat op dieselfde vlak as matriek is.

Milites Dei Akademie maak ook voorsiening vir gegradueerdes en skoolverlaters wat nog nie werk het nie, met ‘n drie-maande kursus wat jou as Spesialis Agent oplei.
Kontaknommer:081 478 8018 / 013 749 0004
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site