By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Paarl Gimnasium

Paarl Gimnasium is amptelik op 12 Januarie 1858 deur ds. GWA van der Lingen gestig. Gimnasium het in 1964 in twee afsonderlike skole verdeel.

Die laerskool word in die historiese Gimnasiumgebou gehuisves, terwyl die hoërskool op die eertydse plaas, Dammetjie, ‘n nuwe skoolgebou betrek het.  Die eerste dogters is ook in 1964 tot die skool toegelaat en die koshuis, Huis McFarlane, se eerste sooie is kort daarna gespit.

In 2006 open Huis Kalahari Visser sy deure vir gr. 8- koshuisleerders.

Gimnasium is 160 jaar oud in 2018 en georganiseerde sport word al sedert 1902 by die skool beoefen.

By Gimnasium word ‘n volk se kosbaarste besitting, sy kinders, opgevoed deur roepingsbewuste onderwysers wat hul ten doel stel om die leerders se talente, geestelik, intellektueel sowel as liggaamlik, te ontwikkel as ‘n waarborg vir die toekoms.

“Mense en dinge en instansies kan moderniseer en veranderinge aanbring om met die tyd tred te hou, maar tradisie, dit wat opgebou is deur geslagte en eeue, is onvervangbaar.  As tradisies leef, sal geloof bly leef, en instansies en kulture.”
Kontaknommer:021 872 1541/2/3
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site