By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Slimkop

Elke ouer het hom al bekommer oor studiehulp vir sy kinders. By Slimkop Opvoedkundige Produkte, het hulle 'n groot liefde vir elke kinderhart en 'n baie groot passie vir hulle ontwikkeling.  Die primêre doelwit is om produkte uit te soek en daar te stel wat kan dien as hulpmiddels vir ouers, onderwysers en terapeute.

Slimkop maak dit maklik vir elke ouer om op ‘n prettige manier, SPEEL-SPEEL hul kinders te help ontwikkel en te leer.

Die groot verskeidenheid opvoedkundige produkte is spesifiek vir kinderontwikkeling geformuleer en ontwerp. Dit verskaf die nodige stimulering sowel as groot- en fyn motoriese ontwikkeling.

Slimkop se produkte bestaan uit verskeie produkte soos Opvoedkundige Speelgoed, Klaskamer-hulpmiddels, Kinderstories, Boublokkies, Aktiwiteitsbokse, Vakansieprogramme en vele meer.

Indien jy wil deel word van die Slimkop familie of as agent wil aansluit, besoek vandag nog hulle webblad by slimkopsa.com.
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site