By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Yonder

Yonder in Kimberley is ‘n Beskermde Werksplek vir volwasses met `n intellektuele gestremdheid en is al in 1966 gestig.

Onder bestuur van die Noordkaapse Geestesgesondheidsvereniging, word 260 persone met `n gestremdheid daagliks opgelei in handvaardigheidsberoepe in 16 verskillende werkswinkels. 

Die doel is om die persone so op te lei dat hulle in die ope arbeidsmark hulle dienste beskikbaar kan stel. 45 van hulle werk reeds by besighede in Kimberley en verdien hulle eie salaris. 

Met volledige koshuisgeriewe op terrein, leef Yonder se inwoners `n vol lewe met geriewe vir sportsoorte soos atletiek, sokker, netbal, krieket, fietsry, en vele meer.

Yonder werk aktief saam met die gemeenskap vir die hoogste moontlike vlak van geestesgesondheid vir almal.
Kontaknommer:053 841 0537 of 082 718 0918
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site