By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Heidelberg Erfenis Roete

Die Heidelberg Erfenis Roete is ‘n roete wat besoekers bekendstel aan die ryke geskiedenis van dié Hoëveldse dorp wat in 2016 sy honderd-en-vyftigste bestaanjaar gevier het. 
 
Daar is agtien besienswaardighede op die roete, met geboue en persele wat dateer uit die jare 1865 tot 1915.  

Dit is alles in sentraal-Heidelberg geleë en begin by die ou stasiegebou wat op 10 Oktober 1895 deur Paul Kruger geopen is. 

Die roete beweeg af  in Voortrekkerstraat verby die sirkel in Ueckermanstraat – wat na die stigter van Heidelberg vernoem is. 

Hier is die historiese Metodistekerk uit 1895 te sien, met sy gebrandskilderde glasventers. 

Skuins oorkant kry besoekers die eerste Standard Bank van 1880 te sien, waar Paul Kruger ook tuisgegaan het.  Is die Kruger Miljoen hier gebank? 

Daarna volg dit Strydomstraat wat na die eienaar van die plaas Langlaagte vernoem is waarop Heidelberg ontwikkel is, dan regs in Mareestraat  - Maree die eerste landdros van Heidelberg. 

Dan volg HF Verwoerdstraat,  plaaslike Eerste Minister wat saam met Paul Kruger, Jan Smuts, Gandi en Nelson Mandela in die Heritage gastehuis 'n tuiste kry. 

Fenterstraat regs – mede-eienaar van die plaas Langlaagte waarin die kloof begraafplaas geleë is en waar AG Visser begrawe is. 

Die AG Visser-Huis was die woning van die beroemde digter en mediese dokter. 

Die Ou Tronk is in 1869 gebou. 

Die Heidelberg Klub dateer uit 1897, en is ‘n stop werd. 

Ancient Days, ou woning van die magistraat is nou ‘n gastehuis, koffie- en antiekeware winkel. 

Heidelberg Guest house was die na-loper van die ou NG Kerk pastorie waarin Johanna Brandt gewoon het. 

Die ou stadsaal uit 1939 is gebou om Heidelberg as hoofstad van die ou ZAR te vier. 

Die Anglikaanse Kerk het twee eikebome ter viering van Koningin Victoria se gedenkjaar. 

By die klipkerk is die dorp se fondasiesteen, waar Dr DF Malan sy kerkloopbaan begin het. 

Die roete eggo Paul Kruger se woorde: "Want wie hom 'n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie" 
Kontaknommer:083 6100 367
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site