By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

ATKV-Eiland Spa

Op die suidelike oewer van die Letabarivier, slegs 68 kilometer oos van Tzaneen, lê die ATKV-Eiland Spa, in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.

ATKV-Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige bosveldweer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika. Met ’n verskeidenheid selfsorg-akkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, ‘n restaurant, asook hidro-spa is ATKV-Eiland Spa die ideale plek vir die hele gesin om te ontspan.

Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing, skep die perfekte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou wat die ATKV-Eiland Spa met graagte voorsien.

ATKV-Eiland Spa – met gehalte en pryse wat net die ATKV kan bied.
Kontaknommer:015 386 8000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site