By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Abba Campers

Abba Campers bou enkelkajuit, langbak en dubbelkajuit-kampeerders wat deur jou bakkie ge-abba word. Met so ‘n ombouing kan jy vyf minute na aankoms opgeslaan wees en die omgewing begin geniet. 

‘n Verdere pluspunt is dat jy die hele kampeereenheid binne 20 minute kan afhaal om jou bakkie weer as bakkie te gebruik. Die raamwerk is een eenheid en stoor maklik.

Elke Abba Camper word op bestelling handgemaak, volgens die kliënt se spesifieke behoeftes. As jy vanweë jou begroting volgens ‘n wenslys, stelselmatig jou kampeerder wil opbou, is dit vir Jos Joubert en sy span ook geen probleem nie.

Met jou Abba Camper het jy geen ekstra lisensiekostes of bande nodig nie. Daar is geen ekstra papierwerk of ekstra kostes by grensposte nie. Jou bakkie dra ook minder spanning as wanneer jy iets sleep en die veselglaskajuit maak dit koel in die somer en warm in die winter.

Abba Campers – jy sal nie weer anders wil kamp nie.
Kontaknommer:082 893 1851
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site