By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

African Oceans Manor on the Beach

African Oceans Manor on the Beach in Bayview bied vyfster akkommodasie langs die strand op Mosselbaai. Die skilderagtige uitsigte van die Outeniquaberge aan die een kant, en die Indiese Oseaan aan die ander kant, is ongeëwenaard. African Oceans Manor se suites is ontwerp en toegerus om gaste se verblyf so aangenaam as moontlik te maak. 

Alle suites is met moderne geriewe en luukshede toegerus. ‘n Gesellige atmosfeer en puik, vriendelike diens dra by tot African Oceans se uitmuntende reputasie. 

By African Oceans word daar aandag aan detail gegee vir elke gas se gerief. Ontbyt is ‘n belewenis en daar word ook platters en piekniekmandjies op versoek voorsien. Sy ligging, warmte en onoortreflike diens is maar ‘n paar van die redes waarom gaste keer op keer na African Oceans Manor terugkeer.

AFRICAN OCEANS MANOR ON THE BEACH
Tel: 
info@africanoceans.co.za
www.africanoceans.co.za

Tipe Besigheid:Gastehuis
Adres:Mosselbaai
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site