By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Assegaaibosch Country Lodge

So 2.5 kilometer buite Kareedouw is die Assegaaibosch Country Lodge wat 50 jaar ouer as die dorp self is – gebou in 1866.

Hier kan jy werklike rustigheid ervaar - of jy nou net vakansie wil hou, ’n mooi lokaal vir ’n troue soek of ’n konferensie beplan. 

Assegaaibosch se personeel staan gereed om jou op die hande te dra.

Die kamers is ruim en gemaklik. Die kos wat aangebied word, lok mense van heinde en vêr en die pragtige inheemse woud rondom Assegaaibosch, word ook gebruik om troues en funksies in te hou.

Assegaaibosch Country Lodge – ouwêreldse sjarme met aangename gasvryheid. ‘n Moet om te besoek as jy met die R62 langs toer.
Kontaknommer:042 288 0700
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site