By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bali Biasa

Op die hoek van Kerk en Residensiestraat, Piet Retief is n stukkie van Bali - die Bali Biasa Gastehuis. Die Rossouw familiebesigheid “Park Meubeleerders” wat meubelinvoerders en Bali-styl binnehuise versierders is, het oorgeloop in dié uitsonderlike tuiste vir reisigers.

Vanweë die Rossouws se kennis is die kamers met spesiale liefde en sorg ingeklee. Die totale afgerondheid van inkleding spoel oor in die buitengewone diens en aandag wat aan alle gaste gegee word.

Dit kan nie anders nie, want gaste sal outomaties sulke diens verwag vanweë die eksotiese interieur.

Bali Biasa Piet Retief het altesaam 22 kamers met badkamergeriewe. Dis is ook sentraal geleë in die historiese dorp op die Reënboogroete en is net ongeveer 
30 km van die Koninkryk van Swaziland af. Die Bali Biasa Gastehuis is ideaal vir sakelui, en toeriste.

Bali Biasa Piet Retief - luukse, harmonie, rus en vrede is net 'n deel van wat hulle aanbied, maar die ervaring van hulle goeie diens bied 'n langdurige effek.
Adres:Piet Retief
Kontaknommer:017 826 2979
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site