By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

BelAir Gastehuis

Die BelAir Gastehuis in Marketstraat, Piet Retief is uitsonderlik – veral in die sin dat die Eienaar, Kobus Botha, ‘n versamelaar van antieke motors is. Sy gastehuis is juis vernoem na dié 1959 Chevrolette BelAir.

By BelAir kan die moeë reisiger in ‘n skoon en netjiese, huislike en vriendelike atmosfeer kom ontspan en rus. 

Die ou huis het 3 slaapkamers met en-suite badkamers, eetsaal, kombuis, ontvangs en kwartiere vir die bestuurder. Die nuwe anneks het 12 slaapkamers ook elk met sy eie en-suite badkamer.

Elke kamer het DSTV, gratis WiFi, ‘n kroegyskassie en tee- en koffiefasiliteite. Daar is uistekende sekuriteit en BelAir is rolstoelvriendelik.

BelAir Gastehuis – kom breek weg na toeka se dae.
Adres:Piet Retief
Kontaknommer:017 826 0022/076 311 4563
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site