By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bronberg Landgoed

Bronberg Landgoed op die hoek van Graham- en Boschkopweg in Pretoria, bied die ideale fasiliteite vir ‘n onvergeetlike bruilof, effektiewe konferensie en etes uit die boonste rakke.

Bronberg Restaurant vier die eienskappe van tradisionele cuisine, perfek afgerond met plaaslike wyn. Eg Suid-Afrikaanse geregte soos skaapkop en - stertjies, Weskus afval en meer kan in ‘n gesellige atmosfeer geniet word.
Daarby bied die nuwe Kompanjie koffiewinkel ‘n wye verskeidenheid gesondheidsdrankies en  delicatessen-styl disse.

Bronberg Landgoed waarborg  ‘n droombruilof in ‘n ruim bruilofsaal wat maklik 120 gaste akkommodeer of ‘n kleiner een met plek vir tot 50. ‘n Kapel met karakter in ‘n kleurvolle tuin dra by tot die bekoring. Hulle behartig ook tuintroues en voorsien graag die tema, kleure, décor en spyskaart, tesame met flinke diens.

Of jy nou ‘n smaaklike ete, skitter-bruilof of  winsgewende konferensie beplan, Bronberg Landgoed bied die beste van alles in sy elegante Kaaps-Hollandse styl.
Adres:Pretoria, Gauteng
Kontaknommer:076 452 6182
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site