By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bundu Lodge

Bundu Lodge is geleë net buite Nelspruit en het sy deure in 1988, bloot as 'n restaurant oopgemaak. As gevolg van die sukses het die eienaars besluit om dit in ‘n lodge te omskep.  Na 26 jaar het die lodge vandag nog dieselfde eienaars wat persoonlike aandag gee. Verder het Bundu Lodge 112 kamers, waarvan almal sopas opgegradeer is. Buiten die 7 verskillende konferensiefasiliteite is Bundu Lodge ook ‘n baie gewilde keuse vir troues in die Laeveld, met onthaal-areas te kies en te keur. Die romantiese kapel is beslis die gewildste in die omgewing en is spesiaal opgerig vir huwelikseremonies. Ouers, bring gerus julle kinders om die verskeidenheid mak plaasdiere veilig en van naderby te beleef. Bundu Lodge se professionele span verseker die beste gerief en die beste waarde by die beste Lodge. En dan bedryf hulle ook nog steeds die Phumlani program waar hulle daagliks meer as 300 kinders kos gee. Bundu Lodge – dis meer as net gasvryheid.
Tipe Besigheid:Toerisme
Primere Besigheid:Akkommodasie
Dienste:Troues en Konferensies
Adres:Nelspruit-omgewing
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site