By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

BunduTec

BunduTec in Benoni vervaardig ligte en duursame kampeertoerusting en meer spesifiek - daktente en sonskerms.

Hulle daktente is elektries en slaan op of af met die druk van ’n knoppie. Jy kan jou beddegoed binne in los. Hier is nou ‘n gerieflike oplossing om tyd te spaar met die op en afslaan van jou kamp sodat jy vinniger op die pad kan wees vir jou wildrit en langer kan uitbly om wild te geniet. Jy wil mos meer tyd in die bos as in die kampterrein spandeer.

BunduTec se sonskerms gaan om 3 kante van die voertuig en het ‘n reflektiewe laag bo-oor, om hitte weg te keer. Dit bewerkstellig tot ‘n 4 grade Celsius verskil in temperatuur onder direkte sonlig. 

Hulle implementeer “Pro Pitch” Tegnologie - die beste tegnologie om die oprig en afslaan van kampeertoerusting te vergemaklik. 

BunduTec – Ligte en duursame kampeertoerusting, vervaardig met net die beste gehalte materiale.
Kontaknommer:063 872 7667
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site