By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bush Lapa

Bush Lapa gebruik top ingenieursvernuf om net die beste 4x4 karavane te bou. Met modelle soos die Rooimier, die Miskruier en die Geitjie, weet jy sommer ook dis plaaslik gebou vir Afrika omstandighede.

Die karavane is met gerieflike slaapgeriewe, genoegsame stoorplek binne en rakke in die kombuisarea ingerig.

Elkeen word uitgereik met ‘n unieke nommer, wat ook die aantal waens aandui wat reeds op die pad is. Terwyl die kinders binne of buite speel, word oupa en ouma met koffie bederf en koeldrank is net ‘n laai se trek vêr....

Droom jy van ‘n heerlike voete in die lug asemskep wegbreek? Kry gerus jou persoonlike nommer boskaravaan – word deel van die Bush Lapa familie en geniet die skoonheid van die natuur.
Kontaknommer:021 871 1607
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site