By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Callies Game Lodge

Callies Game Lodge is so 25 kilometer buite Tsumeb en bied heerlike behuising vir besoekers op ’n werkende wildplaas.

Die chalets is ruim met lieflike groot badkamers, Wi-fi, Dstv, yskas, koffiestasie, kluis en lugverkoeling. Twee van die chalets het boonop elkeen sy eie swembadjie.

Buiten die drie mooi uitsigpunte het Callies Game Lodge ook 8 kameras oor die plaas wat direk aflaai na die grootskerm TV in die kroeg waar jy rustig die diere kan bekyk met infra-rooi nagvisie.

Met ’n watergat in die middel van die Lodge kan jy ook op jou stoep sit om die verskillende wildsoorte en groot verskeidenheid voëls dop te hou.

Callies Game Lodge – hier is die wagwoord kwaliteit verblyf met eksklusiewe, persoonlike diens en waarde vir geld.
Kontaknommer:+264 81 124 5421
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site