CapeAngel Guesthouse
CapeAngel Guesthouse is 'n eksklusiewe twee- slaapkamer gastehuis, geleë in die gesogte voorstad, Nuweland, onder die skouer van Tafelberg.
Die akkommodasie sluit ‘bed-en-ontbyt’ in en middag- en aandetes kan op aanvraag verskaf word. Gaste kan ook ‘n privaat kookkursus bespreek, aangebied deur Lynn Angel, ‘n professionele Michelin opgeleide sjef.
Verder bied CapeAngel alternatiewe gesondheids-terapieë soos kinesiologie, terapeutiese masserings en spinale belyningsterapie.
CapeAngel Guesthouse – geniet die gasvryheid van die sjef wat al vir Nelson Mandela, Koningin Elizabeth en Michael Jackson gekook het!