By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Caribbean Estates

CARIBBEAN ESTATES naby Port Edward aan die Wildekus is ‘n gevestigde landgoed  met pragtige drie -, vier - of ses slaapkamer eenhede wat beskikbaar is vir verhuring of koop, vir vakansies van ‘n leeftyd.

Die landhuisies is keurig gemeubileerd en toegerus. Caribbean bied beide deeltitel-en voltitel eenhede aan vir jaarlikse, of lekker naweekwegbreke. Die landgoed se tyddeel-klubs sluit in: Dream Vacation, First Resorts, Quality Vacation Club, en RCI. 

Skilderagtige voetpaadjies deur die veilige beboste kusstrook lei na ‘n ongerepte strand, ideaal vir hengel of strand-wandelings tot by die riviermond in die Suide, of sover jy kan na die Noorde. 

Daar’s ‘n verskeidenheid voëls, klein bokkies en apies.  Fasiliteite sluit drie swembaddens, tennisbane,  ‘n kinderspeelparkie en gemeenskaplike braaigeriewe in. 
Adres:Port Edward
Kontaknommer:039 311 2045
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site