By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Central Development

Die Central Development eiendomsgroep is pioniers in aftree-oord ontwikkeling, met 11 suksesvolle aftree-oorde op hul kerfstok, en nog twee wat binnekort geloods word.

Celebration Aftree Landgoed, geleë in die gesogte Fourways area in Johannesburg en Waterkloof Marina in Waterkloof, Pretoria, beloof om nie net die beste fasiliteite te verskaf nie, maar ook om 'n uitstekende belegging te wees.

Central Development se aftree-oorde staan kop-en-skouers bo ander uit, want hul dienssentrums en sorgfasiliteite is altyd ten volle operasioneel wanneer die eerste inwoners intrek. Die oorde is ook beveilig met top gehalte sekuriteit en eienaars kry volle eiendomsreg op hul eiendom – nie net lewensreg nie.

’n Gesellige eetsaal, ‘n haar- en skoonheidsalon, dokter-spreekkamers, biblioteek, kioskwinkel, gemeenskapsaal en wassery is alles daar vir inwoners se gerief. Daar is selfs ’n vervoerdiens na die winkels toe. Celebration en Waterkloof Marina gaan ook die Groep se eerste groen gesertifiseerde aftree-oorde wees en gaan internettoegang reg deur die oorde bied.

Vir aktiewe inwoners steeds jonk-van-gees, is daar allerlei sosiale geleenthede soos kunsmarkte, konserte, boekklubs en vele meer om aan deel te neem. Maar daar is ook die gemoedsrus van mediese ondersteuningsdienste sou dit nodig wees. Die verswakte- en hoësorgeenheid, of selfs tuisversorging, is altyd beskikbaar. 
Elke inwoner is ook met ‘n noodknoppie aan ‘n 24-uur nooddiens verbind.

Registreer vandag op retirenow.co.za of bel hulle om in aanmerking te kom vir spesiale bekendstellingspryse wanneer Celebration en Waterkloof Marina bekendgestel word.
Kontaknommer:0861 36 46 16
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site