By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Champagne Castle Hotel

Vir ligging, visuele impak, ontspannings-verskeidenheid en luukse prag... is Champagne Castle Hotel in die Drakensberg redelik naby aan 'n optimale ervaring.

Geleë in 'n Wêrelderfenisgebied, is hierdie bevoorregte praghotel die naaste wat jy aan dramatiese en direkte uitsigte, oor die pragtige Champagne Castle en Cathkin Peak, kan kom.

Of jy nou kuier in hulle chalets met ‘n uitsig op die berge, of in die pragtige suites, luukse- en standaardkamers, die kroeg, sitkamers, vermaaklikheidsarea of restaurant - die panorama vervaag nooit nie.

Selfs die pragtige Omgewings- en Konferensiesentrum en kapel word deur die kragtige bergagtergrond afgerond. 

Of jy nou by die Wellness Centre bederf word, staproetes doen, forel vang of perd ry, tennis speel, swem, rolbal speel of die plaasdiere geniet... die bergpieke kyk af op jou.

Champagne Castle Hotel – Vir ’n ongelooflike gevoel van plek. 
Kontaknommer:036 468 1063
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site