By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Christie’s at 32 on Russell

Sentraal en gerieflik geleë in Nelspruit in ’n lieflike 3750 vierkante meter tuin oorheers deur koningspalms en inheemse bome, is “Christie’s at 32 on Russell” en sy twee kleiner  "boeties" – “Gate House” en “Spiro’s.”

Die enorme Mediterreense styl huis is opgeknap en omskep in 'n baie elegante topklas bestemming vir sakemense, besoekers en gesinne. 

Die huis het ‘n uitgebreide grasperk en tuine, 'n swembad-patio sonder gelyke en kan gebruik word vir vermaak of om net te ontspan en af te koel in die Laeveldse atmosfeer.

Die gastehuis en tuine weerspieël die Christie-familie se blywende toewyding aan - en liefde vir die Laeveld. 

Baie van Christies se 23 luukse en-suite kamers, het privaat balkonne en hulle sal middel Junie gereed wees om hulle eerste gaste te ontvang.

“Christies at 32 on Russell” - 'n Unieke lodge- gastehuis-ervaring, met sy eie Spa en boonop nog plek vir konferensies en troues - geleë in een van die gerieflikste buurte in Nelspruit – enig in sy soort.
Kontaknommer:076 657 7391
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site