By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Clara Anna Fontein Leefstyl Landgoed

Oasis Life - Rabie Eiendomsgroep se aftree-ontwikkelings gebasseer op lewensreg - is in November 2018 bekendgestel, met die eerste  een Clara Anna Fontein leefstyl Landgoed. Dis geleë op die heuwels van Durbanville, net buite Kaapstad. Hulle skep nie net gewone aftree-oorde nie, maar ‘n ongelooflike aftree-leefstyl, waar jy regtig verlief kan raak op jou aftrede.

Die resultaat is beslis 'n 'beste van beide wêrelde' oplossing vir afgetredenes: rustigheid en stilte as jy dit wil hê, plus al die geselligheid van 'n gesinsgerigte, multi-generasie plattelandse klub as jy lus is vir plesier en ontspanning. 

In die hartjie van die landgoed is die veelvlakkige, multifunksionele Leefstylsentrum. Hierdie pragtige kombinasie van geboue uit die 18de en 21ste eeu het 'n uitgebreide klubhuis met 'n kroeg, restaurant, uitsigdek en speelkamer, briljant ontwerp in glas, klip en staal as 'n verlenging van die lieflik gerestoureerde herehuis. 'n Formele tuin komplementeer die oorspronklike fasade, waarby 'n kleuter-speelarea met swembad en klimraam bydra tot die verskeidenheid gesinsaanbiedinge

Verder is hier ook 'n goed toegeruste gimnasium met 'n reuse-venster, 'n swembad van 25 meter, 'n muurbalbaan en twee tennisbane, aangevul met meer as sewe kilometer veilige, pragtige roetes om te stap, hardloop en fietsry.

'n Ruim, boomryke boma bied 'n ekstra buitelug-onthaal- en braai-area, terwyl 'n driehonderd jaar oue wynkelder 'n verdere bymekaarkom en stokperdjiesruimte bied vir inwoners. Dit voltooi een van die beste aftree landgoedere met gemeenskaplike geriewe in enige private residensiële landgoed in Suid-Afrika.

Die res van die Clara Anna Fontein aftree-landgoed bestaan uit 344 vrystaande erwe, 'n kompakte, eietydse meenthuis-dorpie, 'n Reddam-skoolkampus, 'n welige vleiland en 'n privaat natuurreservaat, met verskillende wildsbokke en ander wild, insluitend sebras en wildebeeste.

Clara Anna Fontein Leefstyl Landgoed – Die ‘Oasis Life’ handelsmerk is gebaseer op volle lewensreg en hulle bou hulle dienste op 'n gasvryheidsmodel van hotelgehalte.
Kontaknommer:021 550 7000
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site