By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Club Mykonos Oord

Club Mykonos Oord langs die Langebaan Strandmeer buite die dorp, net ‘n honderd en twintig kilo’s van Kaapstad,  is ‘n familievriendelike oord wat alles bied vir ‘n asemrowende vakansie.

Club Mykonos is gebaseer op die tema van die Medittereense eiland Mykonos, en weerspieël die unieke argitektuur daarvan. Die oord bied drie diverse tipes selfsorg akkommodasie met skilderagtige uitsigte oor die strandmeer.
Op die terrein is ‘n moderne gimnasium, konferensiesentrum, tennisbane, mini-gholf en ‘n gesondheid- en ontspanningsentrum, terwyl ‘n gholfbaan naby geleë is.

Die natuur is ook altyd naby Club Mykonos, wat omring word deur die Weskus Nasionale Park, en die Elandsfontein en Buffelsfontein natuurreservate. Bootritte, inkopiegeleenthede, hengel en ander opwindende aktiwiteite is beskikbaar. Gaste het ‘n keuse uit niks minder as nege eetplekke in Club Mykonos, met ‘n wye verskeidenheid smaaklike disse.
Kontaknommer:022 707 7000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site