By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

De Plattekloof Leefstyl Landgoed

De Plattekloof Leefstyl Landgoed se naam kom van die plaas aan die suidelike hang van die Tygerberg, wat in 1699 deur die V.O.C. aan Jan Dirkz de Beer toegeken is. Plattekloof is vandag ook die naam van dié gesogte en vooraanstaande woonbuurt in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Teen 2009 was die meeste van die ou strukture op die plaas reeds afgebreek, behalwe twee lang dele van die oorspronklike plaasmuur. Hierdie muur is ‘n geskiedkundige gedenkwaardigheid en word gerestoureer om as sierlike fokuspunt in die pragtige tuin van die landgoed te dien.

Dis ‘n eksklusiewe aftree leefstyl-landgoed met ‘n prima ligging in Plattekloof, teen die hange van die Tygerberg, met ‘n panoramiese uitsig van Simonstad tot anderkant Bloubergstrand. 

Die landgoed bied ‘n verskeidenheid opsies van aftree-eenhede. Kopers en beleggers kan kies uit verskillende uitlegte in 106 sorgeenhede in die hoofgebou Tijgerzicht. 

Vir diegene wat verkies om net te kan toesluit en kom en gaan soos hulle wil, is daar ‘n verkeidenheid uitlegte in 98 luukse woonstelle en 57 uitsonderlike twee- en drieslaapkamerhuise.  Almal van hoogstaande gehalte.

De Platteloof word eintlik bedryf soos ‘n hotel met permanente gaste. Dis ‘n aftree-leefstyl soos min, met alle geriewe en dienste wat sal verseker dat jy jou beste jare in volslae gerief en styl kan geniet. 

Hulle spog met die nuutste tegnologie in sekuriteitstelsels wat op, en van die perseel af, gemonitor word.

De Plattekloof Leefstyl Landgoed – die juweel van aftreeleefstyl in Suid-Afrika.
Kontaknommer:060 960 0100
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site